Terug na bo

Biblioteek

Aros se biblioteek bied verskeie dienste aan studente.

Soos by 'n openbare biblioteek mag studente boeke uitneem om by die huis te gebruik. Dosente reserveer beperkte hulpbronne in die biblioteek vir die uitsluitlike gebruik daarvan deur studente. Studente kan hierdie bronne slegs in die biblioteek gebruik en kopieë van bladsye maak, soos benodig.

Gratis internettoegang word aan studente gebied. Die biblioteek beskik ook oor die nodige fasiliteite om drukwerk te doen.  Laminering en ringbindwerk kan ook teen bekostigbare fooie gedoen word. 

Aros is ook ingeteken op verskeie elektroniese akademiese databasisse. Hierop kan studente toegang verkry tot betroubare akademiese bronne. Personeel verleen graag hulp aan studente en help met verskeie navrae. Daar word byvoorbeeld gehelp met inligtingsoektogte, die strukturering van opdragte en hoe om verwysings te doen om moontlike plagiaat te voorkom.

Besoek gerus ons biblioteek!

Foto kom hier

Mev Annelize Horak

Bibliotekaris

annelize.horak@aros.ac.za

Foto kom hier

Mnr Johann Engelbrecht

Biblioteekassistent

johann.engelbrecht@aros.ac.za