Aros aansoeke

AANSOEKE VIR 2027-STUDIEJAAR

  1. Aansoeke vir 2027-studiejaar (Hoër Sertifikaat in Onderwys, BEd-, NGOS- en Honneurs) open op 1 April 2026 en sluit op 31 Oktober 2026.
  2. Aansoeke vir die tweede semester van 2026 (Honneurs in Christelike Filosofie) is oop vanaf 1 April 2026 tot 30 Mei 2026. 
  3. Maak seker dat jy vertroud is met alle relevante inligting oor die kurrikulums wat Aros aanbied.  Raadpleeg asseblief die Prospektus vir volledige besonderhede.  Klik hier vir die Prospektus.
  4. Toelatingsvereistes vir die Hoër Sertifikaat en BEd: Aansoekers wat reeds matriek voltooi het, moet met hul matriekpunte aansoek doen. Aansoekers wat tans in matriek is, moet hul Graad 11-eindrapport gebruik vir voorlopige toelating. Neem kennis dat jou kurrikulum aangepas kan word volgens jou finale matriekuitslae in Januarie 2027. 
  5. Na voltooiing van jou aansoek, moet die volgende dokumente opgelaai word:
    • Gesertifiseerde ID.
    • Gesertifiseerde huweliksertifikaat (indien getroud).
    • Gesertifiseerde matriekuitslae of die graad 11- finale rapport indien die voornemende student in matriek is.
    • Vir NGOS- en BEdHons-aansoeke word ‘n gesertifiseerde afskrif van die akademiese rekord en graadsertifikaat benodig.
    • BEd-Hons-aansoeke se onderwyservaring moet verskaf word deur middel van 'n gestempelde briefhoof van die betrokke skool/skole waarin ervaring opgedoen is. 
    • Bewys van betaling van die aansoekfooi – R250 (Nie-terugbetaalbaar)
    • Na afloop van die aansoekproses sal jy 'n e-pos ontvang wat 'n finansiële ooreenkoms bevat.  Hierdie dokument moet afgelaai en onderteken word.  Dit vorm deel van die aansoekproses, maar is eers bindend wanneer jy in Januarie 2027 registreer.  
  6. Indien jy nie gereed is om al jou dokumente op te laai of die aansoekfooi te betaal nie, kan jy later weer inteken om jou aansoek te voltooi:  www.aros.ac.za/application.  Gebruik jou ID-nommer om jou aansoek te voltooi.  
  7. Terugvoer word binne drie weke gegee.
  8. Vir enige navrae, kontak: aansoeke@aros.ac.za.

 

Laai dokumente op

Indien jy reeds aansoek gedoen het, maar nog dokumente wil oplaai, klik op die skakel hier bo.

Betaal aanlyn met Payfast

Bankbesonderhede

Aros
Bank: Absa
Tipe rekening: Tjekrekening
Rekeningnommer: 407 653 0257
Takkode: 632005
Verwysing: Voornemende student se 13-syferidentiteitsnommer.

Prestige-onderwysbeurs

Hou hierdie ruimte dop om aansoek te doen vir die Aros-Prestige-onderwysbeurs. Meer inligting volg.

Terug na Aros-tuisblad