Terug na bo


1. Baccalaureus Educationis in Intermediêre Fase (SAKO-nr. 97189)

Wiskunde%20en%20Natuurwetenskappe

Hierdie fase strek van graad 4 tot 7. Die kennis waaraan leerders blootgestel word, word duidelik in hierdie fase omskryf.  Leerdissiplines in hierdie fase sluit tale, wiskunde, natuurwetenskappe en sosiale wetenskappe in. Die onderwyser moet akademiese vaardighede se basiese beginsels in hierdie fase ontwikkel, daarom is die vakkennis van opvoedkundiges in die Intermediêre Fase meer uitgebreid.  

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Nasionale Senior Sertifikaat met baccalaureusgraadtoelating
  • NKR-vlak: 7
  • Minimum tydperk: 4 jaar
  • Aros-toelatingspunt: 600
  • Toelating waglys: 570
  • Metode van aanbieding

    Die modus van aanbieding is afstandsonderrig, met addisionele ondersteuning aan studente deur middel van interaktiewe aanlyn sessies, werkswinkels of ekstra klasse.

    Koste per jaar

    • Aansoekfooi: R250.00
    • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2025)
    • Klasgeld: R47 420.00
    • Handboekkoste (ongeveer): R7 000.00

    Beskikbare kurrikulums

    O212P Wiskunde en Natuurwetenskappe

    Spesifieke voorvereistes

    Afrikaans Huistaal 50%
    Engels Eerste Addisionele Taal 50%
    Wiskunde 50%

    Vereistes vir studente met 'n Senior Sertifikaat (voor 2008)

    • Universiteitstoelating
    • Indien die student nie universiteitstoelating ontvang het nie, is 'n taal op HG 'n vereiste en nie minder nie as vier E’s op HG of SG (nie LG nie). Aros doen aansoek vir die student by USAf vir voorwaardelike toelating tot graadstudie.

    Studente wat die Wiskunde en Natuurwetenskappe-kurrikulums (O210P en O212P) wil volg, moet vir Wiskunde SG 'n E-simbool behaal het.

    Onderwyspraktyk

    Onderwyspraktyk is die praktiese gedeelte van die kwalifikasie waartydens studente gedurende ‘n vasgestelde periode prakties in skole in die Republiek van Suid-Afrika verrig. Die student word deur Aros-personeel by die skool gemonitor en geassesseer soos wat die infrastruktuur van die betrokke departement dit toelaat. Aros het 'n lys van goedgekeurde skole wat aan die vereistes vir praktiese onderwys, volgens die riglyne van die regulatoriese liggame, voldoen. Studente mag skole voorstel wat nie op die lys is nie. Aros sal dan bepaal of die skole aan die riglyne van die regulatoriese liggame voldoen. Studente word in samewerking met Aros vir die praktieseonderwys-periode by 'n skool geplaas.

    Die volgende sertifikate is ‘n vereiste vir die suksesvolle verwerwing van die volgende praktiese modules: PRAK232, PRAK332 en PRAK432. Studente sal bewys moet lewer dat hierdie sertifikate behaal is alvorens die module geslaag kan word.

    PRAK122

    Geen

    PRAK232

    ʼn Afrigtingsertifikaat (van ‘n amptelike liggaam op provinsiale vlak) in ‘n skoolsport

    PRAK332

    ʼn Keuse tussen EEN van die volgende:      

    • ʼn tweede afrigtingsertifikaat (van ‘n amptelike liggaam op provinsiale vlak) in ‘n skoolsport;
    • ʼn kulturele aktiwiteit (koor- of sangafrigting, drama of ander relevante opleiding in die aanbieding van kulturele skoolaktiwiteite); en
    • ‘n erkende hulpverleningskursus soos Mind Moves Institute se leeropkikker-werkswinkels.

    PRAK432

    Noodhulpsertifikaat (vlak 1)

    Kwalifikasie met onderskeiding

    ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules van akademiese jaar 2, 3 en 4 behaal het, verwerf die kwalifikasie met onderskeiding.

    ʼn Student wat vanaf ‘n ander tersiêre instelling na Aros oorgeskakel het, moet ten minste 50% van hierdie program geslaag het, insluitende RELS111, BYBK121, BYBK211, BYBK221, BYBK311, BYBK321 en BYBK411 of WBSL111, OTOB121, OTOB211, NTOB221 en NTOB311. Ten einde ’n onderskeiding (cum laude) te behaal, moes die student ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules van jaarvlak 2, 3 en 4 behaal het.

    Vereistes vir Engels as taal van onderrig en leer

    O210P en O211P   

    70% of meer vir [(ENGT311 {modulepunt} + ENGT321 {modulepunt} +  ENGT411 {modulepunt} ) / 3 + ENGT421 {mondelingpunt} ]  / 2

    O212P en O213P   

    70% of meer vir [Begripsassesseringpunt+skryfassesseringspunt+mondelingsassesseringspunt]/3.

    Bogenoemde assesserings sal apart van enige modules geskied en sal aan die einde van die finale jaar afgeneem word.

    Kurrikulums

    Kurrikulummodulelys

    O212P Wiskunde en Natuurwetenskappe
    Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
    O212P Jaarvlak 1
    Eerste kwartaal
    AFRL111 Afrikaans Lees 5 0 Fundamenteel Uitkomste
    AKAG134 Akademiese Geletterdheid 5 5 Fundamenteel Uitkomste
    ENGR121 Engelse Lees 5 0 Fundamenteel Uitkomste
    INRV113 Inleiding tot Rekenaarvaardighede 5 3 Fundamenteel Uitkomste
    KRIT111 Kritiese Denke en Probleemoplossing 5 0 Brug Uitkomste
    OWRR113 Onderwysreg 5 12 Kern Uitkomste
    WBSL112 Wêreldbeskouingsleer 5 6 Kern Uitkomste
    Tweede kwartaal
    AFRL111 Afrikaans Lees 5 0 Fundamenteel Uitkomste
    AFRO112 Afrikaans Huistaalonderrig 1 5 6 Elektief Uitkomste
    AKAG134 Akademiese Geletterdheid 5 5 Fundamenteel Uitkomste
    DIDA113 Didaktiek 5 12 Kern Uitkomste
    ENGR121 Engelse Lees 5 0 Fundamenteel Uitkomste
    INRV113 Inleiding tot Rekenaarvaardighede 5 3 Fundamenteel Uitkomste
    LEER113 Leer- en Lewenstrategieë 5 0 Brug Uitkomste
    LVON111 Oriëntering tot Lewensvaardighede-onderrig 5 6 Elektief Uitkomste
    SWET112 Oriëntering tot Sosiale Wetenskappe-onderrig 5 6 Elektief Uitkomste
    Derde kwartaal
    AFRL111 Afrikaans Lees 5 1 Fundamenteel Uitkomste
    ENGR121 Engelse Lees 5 1 Fundamenteel Uitkomste
    ENGT122 English First Additional Language Teaching 1 5 6 Elektief Uitkomste
    GVWO111 Grondslag van Wiskunde-onderrig 5 6 Elektief Uitkomste
    IEBW121 Inleiding tot Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 5 6 Elektief Uitkomste
    ONBS123 Klaskamerbestuur 5 12 Kern Uitkomste
    PRAK122 Onderwyspraktyk 1 5 12 Elektief Uitkomste
    Vierde kwartaal
    OPVS123 Opvoedkundige Sielkunde 1 6 12 Kern Uitkomste
    OTOB122 Onderrig in Bybelkunde: Ou Testament 6 6 Kern Uitkomste
    WISO122 Wiskunde-onderrig 1 5 6 Elektief GVWO111 Uitkomste
    WTEG121 Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig 1 5 6 Elektief Uitkomste
    O212P Jaarvlak 1 totale krediete 138
    O212P Jaarvlak 2
    Eerste kwartaal
    AFRO212 Afrikaans Huistaalonderrig 2A 6 6 Elektief Uitkomste
    ASSE213 Assessering 6 12 Kern Uitkomste
    WISO212 Wiskunde-onderrig 2A 6 6 Elektief WISO122 Uitkomste
    Tweede kwartaal
    ENGT212 Engels Eerste Addisionele Taalonderrig 2A 6 6 Elektief Uitkomste
    OPVS213 Opvoedkundige Sielkunde 2 6 12 Kern OPVS123 Uitkomste
    OTOB212 Onderrig in Bybelkunde: Ou Testament 6 6 Kern Uitkomste
    PRAK232 Onderwyspraktyk 2 6 12 Elektief PRAK122 AFRO212, AFRO222, WISO212, WISO222, SWET212, SWET222 Uitkomste
    WTEG211 Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig 2A 6 6 Elektief Uitkomste
    Derde kwartaal
    ENGT222 Engels Eerste Addisionele Taalonderrig 2B 6 6 Elektief Uitkomste
    NTOB222 Onderrig in Bybelkunde: Nuwe Testament 6 6 Kern Uitkomste
    PRAK232 Onderwyspraktyk 2 6 12 Elektief PRAK122 AFRO212, AFRO222, WISO212, WISO222, SWET212, SWET222 Uitkomste
    SEPE223 Sepedi-kommunikasievlak 5 3 Fundamenteel Uitkomste
    WISO222 Wiskunde-onderrig 2B 6 6 Elektief WISO212 Uitkomste
    Vierde kwartaal
    AFRO222 Afrikaans Huistaalonderrig 2B 6 6 Elektief Uitkomste
    OPVS223 Opvoedkundige Sielkunde 2B 6 12 Kern OPVS123, OPVS213 Uitkomste
    SEPE223 Sepedi-kommunikasievlak 5 3 Fundamenteel Uitkomste
    WTEG221 Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig 2B 6 6 Elektief Uitkomste
    O212P Jaarvlak 2 totale krediete 126
    O212P Jaarvlak 3
    Eerste kwartaal
    AFRO312 Afrikaans Huistaalonderrig 3A 6 6 Elektief Uitkomste
    NTOB312 Onderrig in Bybelkunde: Nuwe Testament 6 6 Kern Uitkomste
    WTEG311 Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig 3A 6 6 Elektief Uitkomste
    Tweede kwartaal
    ENGT311 Engels Eerste Addisionele Taalonderrig 3A 6 6 Elektief Uitkomste
    LOND313 Leerondersteuning 3 6 12 Kern OPVS121, OPVS211, OPVS123, OPVS213, OPVS223 Uitkomste
    PRAK332 Onderwyspraktyk 3 6 12 Elektief PRAK232 ENGT212, ENGT222, WTEG211, WTEG221, LVON212, LVON222 Uitkomste
    WISO312 Wiskunde-onderrig 3A 6 6 Elektief WISO222 Uitkomste
    Derde kwartaal
    AFRO322 Afrikaans Huistaalonderrig 3B 6 6 Elektief Uitkomste
    KURS323 Kurikulumstudies 6 12 Kern Uitkomste
    PRAK332 Onderwyspraktyk 3 6 12 Elektief PRAK232 ENGT212, ENGT222, WTEG211, WTEG221, LVON212, LVON222 Uitkomste
    WTEG321 Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig 3B 6 6 Elektief Uitkomste
    Vierde kwartaal
    ENGT321 Engels Eerste Addisionele Taalonderrig 3B 6 6 Elektief Uitkomste
    ONSA322 Onderwys in Suid-Afrika 6 6 Kern Uitkomste
    WISO322 Wiskunde-onderrig 3B 6 6 Elektief WISO312 Uitkomste
    O212P Jaarvlak 3 totale krediete 108
    O212P Jaarvlak 4
    Eerste kwartaal
    ENGT412 English First Additional Language Teaching 4A 6 6 Elektief Uitkomste
    FILO413 Filosofie van die Opvoedkunde 7 12 Kern Uitkomste
    INAV411 Inleiding tot Navorsing 7 12 Kern Uitkomste
    WISO412 Wiskunde-onderrig 4A 7 8 Elektief WISO322 Uitkomste
    Tweede kwartaal
    AFRO412 Afrikaans Huistaalonderrig 4A 7 8 Elektief Uitkomste
    PRAK432 Onderwyspraktyk 4 7 12 Elektief PRAK332 AFRO412, AFRO422, ENGT412, ENGT422, WISO412, WISO422, WTEG411, WTEG421, LVON412, LVON422, SWET412, SWET422 Uitkomste
    WTEG412 Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig 4A 7 8 Elektief Uitkomste
    Derde kwartaal
    LOND422 Leerderondersteuning 4 7 12 Kern Uitkomste
    PRAK432 Onderwyspraktyk 4 7 12 Elektief PRAK332 AFRO412, AFRO422, ENGT412, ENGT422, WISO412, WISO422, WTEG411, WTEG421, LVON412, LVON422, SWET412, SWET422 Uitkomste
    WISO422 Wiskunde-onderrig 4B 7 8 Elektief WISO412 Uitkomste
    WTEG422 Natuurwetenskappe en Tegnologie-onderrig 4B 7 8 Elektief Uitkomste
    Vierde kwartaal
    AFRO422 Afrikaans Huistaalonderrig 4B 7 8 Elektief Uitkomste
    ENGT422 English First Additional Language Teaching 4B 6 6 Elektief Uitkomste
    FILO421 Filosofie van die Opvoedkunde 4 7 12 Kern Uitkomste
    O212P Jaarvlak 4 totale krediete 132
    O212P O212P totale krediete 504