Beste voornemende student,

Ons nooi jou en jou familie hartlik uit na Aros se eerste Opedag van 2018, wat hierdie jaar plaasvind op 21 April 2018. Die dag word ingedeel in twee identiese sessies, wat jou die geleentheid bied om òf 8:30 òf 10:30 by die kampus te arriveer, en die oggend saam met ons te geniet.

Bespreek hier!

Kies die sessie wat jy wil bywoon:

Sessie 1: 08:30- 10:30 Sessie 2: 10:30 - 12:30

Tydens jou besoek kry jy nie net die geleentheid om vrae te vra en oor Aros en ons uitnemende Onderwyskwalifikasies nie, maar ook om Aros se Kampus eerstehands te besigtig, en selfs meer uit te vind oor studielenings en ook beursgeleenthede by Aros. Jou eenstop oplossing word afgesluit met die geleentheid om sommer op Kampus jou aanlyn aansoek te voltooi, jou dokumentasie aan te heg en jou aansoekgelde te betaal!

Dokumente wat jou aansoek gaan versnel:

  • Gewaarmerkte afskrif van jou ID dokument
  • Gewaarmerkte afskrif van jou matrieksertifikaat / mees onlangse puntestaat

Begin jou reis van persoonlike ontwikkeling en uitnemende, Skrifbegronde opleiding, deur jou plek te bespreek op die vorm hieronder!

Ons sien daarna uit om jou hier by Aros te ontvang!