Terug na bo

Opvoedkundige Studie

Departement Opvoedkundige Studie is verantwoordelik vir ‘n verskeidenheid voorgraadse sowel as nagraadse modules. Die BedHons in leerondersteuning word ook vanuit hierdie departement aangebied en het ten doel om studente se teoretiese kennis in die leerondersteuningsveld te konsolideer en te verdiep ten einde leerders in primêre skole (Grondslagfase en Intermediêre Fase) met diverse leerhindernisse doeltreffend te assesseer, ondersteun en bemagtig. Die BedHons program sal studente in staat stel om diverse en unieke leervermoëns en -uitdagings te identifiseer en dit binne die gees van inklusiewe onderwys te akkommodeer.

 Die Departement Opvoedkundige Studie se modules is primêr op die vorming van die student as opvoedkundige vanuit ‘n Christelike lewens en wêreldbeskouing  gerig. Studente word in staat gestel om gedurende en na afloop van hul studie leerders as instrument in die hand van die Here op  ʼn professionele en etiese wyse te begelei.  

 Die volgende modules word vanuit Departement Opvoedkundige Studie aangebied:

  1. Voorgraadse se generiese kern- en fundamentele modules wat vir Dip, GF, IF, SF en VOO aangebied word.

Akademiese geletterdheid, Afrikaanse en Engelse lees, Assessering, Didaktiek, Kurrikulumstudies, Leerondersteuning, Navorsing, Onderwys in Suid-Afrika, Opvoedkundige Sielkunde, Onderwysreg,  Klaskamerbestuur, Sepedi kommunikasievlak, Sosiopedagogiek

  1. Nagraadse Onderwyssertifikaat Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding (NGOS) modules

Assessering, Professionele Studies en kurrikulumstudies, Leerondersteuning, Professionele Etiek, Onderwysreg, Onderwysbestuur en Onderwysstelsels, Opvoedkundige Sielkunde

  1. BedHons in leerondersteuning modules

Inleiding tot begeleiding en berading, Leerondersteuning, Identifisering van Diagnostiese Assessering van Intrinsieke Leerhindernisse, Inklusiewe Onderwys, Opvoedkundige Navorsing, Onderrig en Leer in Teorie en Praktyk, Leergereedheid.

  1. Hoër Sertifikaat modules

Inleiding tot Afrikatale, Onderrig en leer, Teoretiese Raamwerk vir OPVS

Mev Jeanette du Plessis

Departementshoof: Opvoedkundige Studie

jeanette.duplessis@aros.ac.za

Foto kom hier

Mev Hanlie Kleinhans

Administratiewe Beampte (Hons) en Akademiese Assistent (Opvoedkundige Studies)

hanlie.kleinhans@aros.ac.za








Foto kom hier

Mev Magdel van Wyk

Algemene Departementele Beampte en Akademiese Assistent

magdel.vanwyk@aros.ac.za