Hierdie is nie 'n volwaardige onderwyskwalifikasie vir Grondslagfase-onderrig nie. Die kwalifikasie is spesifiek daarop gerig om persone wat nie aan die vereistes vir graadstudie voldoen nie, 'n toegangsroete tot BEd in Grondslagfase-onderrig te bied. Studente wat vir hierdie kwalifikasie wil inskryf, moet reeds 'n praktiserende graad R-assistent/onderwyser wees.
As deel van Grondslagfase-onderwys in Suid-Afrika is die Diploma in Graad R-onderrig spesifiek daarop gerig om onderwysers op te lei wat op die onderrig van graad R-leerders fokus . Praktykgebaseerde opleiding vorm die grondslag van hierdie kwalifikasie en dra daartoe by dat die student tot 'n professionele, kundige en roepingsgedrewe graad R-opvoeder ontwikkel.
Na afloop van die suksesvolle voltooiing van die kwalifikasie, sal studente die nodige leierskap aan die dag kan lê om innoverend te werk te gaan om leerders binne die spesifieke konteks van graad R te onderrig. Die opvoeder leer hoe om graad R-leerders toe te rus met die nodige waardes, vaardighede en kennis wat as noodsaaklike boustene vir formele onderrig binne die graad dien.
Toelatingsvereistes
Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
Senior Sertifikaat (SS) - voor 2008 gematrikuleer
Koste per jaar