Terug na bo

Biblioteek

Biblioteekure:              

Maandag – Vrydag:          08:00 – 16:00

Saterdag:                          Volgens afspraak

Indien u nie die Biblioteek tydens bogenoemde ure kan besoek nie, tref gerus 'n reëling by Biblioteek@aros.ac.za of skakel Aros by 012 332 3227.

 

Vakansies

Maandag – Vrydag:          08:00 – 16:00

Saterdag:                          Gesluit

Gesluit op Sondae en vakansiedae.

(Indien ʼn vakansiedag op 'n Vrydag val, is die Biblioteek nie op die Saterdag oop nie.)

Vir algemene navrae, kontak:

biblioteek@aros.ac.za

Vir Navorsings- en Databasisvrae, kontak die Kampusbibliotekaresse:

annelize.horak@aros.ac.za

Uitleendiens

Voorgraadse studente mag vier (4) items uitneem vir twee weke.

Personeel mag 15 items uitneem vir twee maande

Let asseblief dat die Biblioteek ter enige tyd items mag herroep, wat dan so gou moontlik aan die Biblioteek terugbesorg moet word.

Die volgende items mag uitgeneem word:

Boeke in die Oop Versameling

Boeke in die Kinderversameling

Boeke in die nie-Akademiese Versameling

Oudio-visuele materiaal (met beperkings)

 

Die volgende items mag nie uitgeneem word nie:

Boeke in die Naslaan Versameling

Woordeboeke

Tesisse

Voorgeskrewe en Aanbevole boeke

Boeke in ʼn Spesiale Versameling

 

Personeel en studente kan elektronies toegang verkry tot die bronne in die Biblioteek enige plek waar daar ʼn internetverbinding is.

Boeke kan elektronies hernu of bespreek word (met beperkings), indien die Biblioteek die versoek hersien en goedkeur.

Ander dienste wat die Biblioteek bied

Hulp met navorsing

Opleiding op die gebruik van Elektroniese databasisse en ander bronne

Hulp met verwysings vir spesifieke opdragte

Interlening van boeke vanaf ander instansies in Suid-Afrika, indien die Biblioteek die versoek hersien en goedkeur.

Biblioteekfasiliteite

Kinderhoekie

Drukwerk

Besprekingsentrum

Lamineerwerk

Stil studieruimte

Ringbind

Internettoegang

 

 

Die volgende materiaal word op e-Klas beskikbaar gestel:

Aankondigings

Opnames van opleidingsessies

Opleidingvideo’s

Alle KABV-dokumente

Verwysingsgids

Biblioteekgidse

 

Aanlyn biblioteek