In 2027 brei Aros sy aanbod in die Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleidingsfase (SF en VOO) verder uit met die bekendstelling van Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) as ‘n VOO-keusevak.
Aros brei sy akademiese aanbod van professionele ontwikkelingsgeleenthede vir opvoeders uit met die bekendstelling van die Sosiale Media en Skoolbestuur-kortkursus, wat op 1 Oktober 2026 begin.
In ’n toenemend digitale onderwysomgewing speel sosiale media ’n belangrike rol in hoe skole kommunikeer, inligting deel en met ouers, leerders en die breër gemeenskap skakel. Die verantwoordelike bestuur van sosiale media vereis egter meer as net goeie kommunikasie – skoolbestuurders en opvoeders moet ook bewus wees van die wetlike, etiese en opvoedkundige verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan.
Binne ‘n model van aanlyn onderrig bied Aros ’n unieke studentelewe. Hier is studente se stem, studentegemeenskap sowel as die vorming en ondersteuning van studente vir ons belangrik. Ons glo dat elke student ‘n roeping het. Mag jy aan die einde van jou reis sê: “Dit is ‘n fees om ‘n Arrie te wees.” Kontak Studentesake: maretha.lubbe@aros.ac.za
Kampus: Besembiesieweg 1037, Montanapark, Pretoria.
T 012 332 3227 / 012 035 0040
E Algemene inligting: info@aros.ac.za
E Studie by Aros: hallo@aros.ac.za
Suid-Kaap: Courtnaystraat 21, George.
E Dr Francois Joubert: francois.joubert@aros.ac.za