Terug na bo

Hoër Sertifikaat in Onderwys (SAKO-nr. 120165)

Die Hoër Sertifikaat in Onderwys het ’n tweeledige doel. Eerstens het hierdie sertifikaat ten doel om studente voor te berei om as ’n onderwysassistent te werk. Tweedens wil hierdie sertifikaat ook aan kandidate wat potensiaal toon maar nie aan die minimum-intreevlakvereistes vir Aros se BEd-programme sou voldoen nie ’n billike kans op sukses bied.

Dit is belangrik dat aansoekers daarop let dat die Hoër Sertifikaat nie die uitreiking van ‘n SARO-nommer vir die doeleindes van ‘n onderwysassistentpos verseker nie. Ná afloop van die Hoër Sertifikaat moet die kandidaat vir ‘n BEd-program inskryf ten einde vir ‘n SARO-nommer te kan aansoek doen.


1. Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Nasionale Senior Sertifikaat met hoërsertifikaattoelating
  • NKR-vlak: 5
  • Minimum tydperk: 1 jaar

  • 2. Metode van aanbieding

    Die modus van aanbieding is afstandsonderrig, met addisionele ondersteuning aan studente deur middel van direkte kontaksessies en/of interaktiewe aanlyn sessies, werkswinkels of ekstra klasse.


    3. Koste per jaar

    • Aansoekfooi: R250.00
    • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2024)
    • Klasgeld: R41 300.00
    • Handboekkoste (ongeveer): R7 000.00


    4. Beskikbare kurrikulums

    O140P


    5. Vereistes vir studente met 'n Senior Sertifikaat (voor 2008)

    • Senior Sertifikaat

    6. Onderwyspraktyk

    Geen praktiese tydperke.


    7. Kwalifikasie met onderskeiding

    ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kredietdraende modules van die kurrikulum behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.


    8. Bepalings met betrekking tot voorwaardelike toelating

    'n Student se studie kan na vier formele waarskuwings getermineer word indien die student 36 en meer krediete per semester nie slaag nie.


    9. Kurrikulums


    Kurrikulums

    O140P
    Module Kr Module Kr
    Semester 1 Semester 2
    Jaar 1 Jaar 1
    Fundamenteel
    INRV112 12 INAT121 12
    LEER114 12 OWIS121 12
    TVEN121 12
    Kern
    FIBY111 12 TEOR121 12
    TVAF111 12
    Elektief
    OKIS111 12 OKIS121 12
    Totaal
    60 60
    Kurrikulumtotaal
    120

    Kwalifikasiemodulelys

    O140P
    Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
    O140P Jaarvlak 1
    Eerste Semester
    FIBY111 Bybelkunde en Filosofie 5 12 Kern Uitkomste
    INRV112 Inligtingstegnologie en Kommunikasie 5 12 Fundamenteel Uitkomste
    LEER114 Logika, Kritiese en Analitiese Denke 5 12 Fundamenteel Uitkomste
    OKIS111 Onderrig-en-leerteorie 5 12 Elektief Uitkomste
    TVAF111 Taalvaardigheid in Afrikaans 5 12 Fundamenteel Uitkomste
    Tweede Semester
    INAT121 Inleiding tot Afrikatale 5 12 Fundamenteel Uitkomste
    OKIS121 Onderrig en Leer (toegepas) 5 12 Elektief Uitkomste
    OWIS121 Inleidende Wiskunde 5 12 Fundamenteel Uitkomste
    TEOR121 Teoretiese Raamwerk vir OPVS (Opvoedkundige Filosofie en Teorie in Perspektief) 5 12 Kern Uitkomste
    TVEN121 Taalvaardigheid in Engels 5 12 Fundamenteel Uitkomste
    O140P Jaarvlak 1 totale krediete 120
    O140P O140P totale krediete 120