Die HonsBEd in Leerondersteuning het ten doel om studente se teoretiese kennis in die leerondersteuningsveld te konsolideer en te verdiep ten einde leerders in primêre skole (Grondslagfase en Intermediêre Fase) met diverse leerhindernisse doeltreffend te assesseer, ondersteun en bemagtig. Die program sal studente in staat stel om diverse en unieke leervermoëns en -uitdagings te identifiseer en dit binne die gees van inklusiewe onderwys te akkommodeer.
Toelatingsvereistes:
Studente wat onmiddellik ná die suksesvolle voltooiing van ’n BEd-graad of NGOS op NKR-vlak 7 met die HonsBEd in Leerondersteuning wil voortgaan, moet ’n minimumgemiddeld van 60% vir die BEd-graad of NGOS hê.
As alternatief moet studente oor die voorgeskrewe, voorvereiste kwalifikasie beskik en ten minste vyf (5) jaar se onderwyservaring hê. ’n Bewys van die vereiste onderwyservaring moet verskaf word deur middel van ‘n gestempelde briefhoof van die betrokke skool/skole waarin die volgende inligting bevestig word:
Toelating van studente sal plaasvind na die goeddunke van die Toelatingskomitee ten einde te verseker dat voornemende studente oor die nodige akademiese vermoëns beskik wat vir ’n NKR-vlak 8-kwalifikasie vereis word.
Hierdie kurrikulum word deur middel van ’n afstandsonderrigmodel aangebied, met 'n hoë vlak van aanlyn ondersteuning
Toetse en eksamens word vanaf ‘n Maandag tot ‘n Saterdag deur die loop van die dag of vroegaand aanlyn afgelê. Datums en tye word vroegtydig gekommunikeer.
N.V.T.
ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.
N.V.T.
'n Student se studie kan na vier formele waarskuwings getermineer word indien die student 36 en meer krediete per semester nie slaag nie.
Module | Kr | Module | Kr |
---|---|---|---|
Semester | 1 | Semester | 2 |
Jaar 1 | Jaar 1 | ||
Kern | |||
BBBG611 | 8 | FLOE621 | 10 |
IDAH611 | 10 | GLOF621 | 16 |
IKLO611 | 8 | IKLO621 | 8 |
ILTW611 | 8 | PNAV631 | 20 |
NAVS611 | 10 | SKGH621 | 8 |
OLTP611 | 10 | ||
PNAV631 | 12 | ||
Totaal | |||
66 | 62 | ||
Kurrikulumtotaal | |||
128 |
Kode | Module | NKR | Krediete | Tipe | Voorvereiste 40% | Geslaag | Geregistreer of geslaag | Uitkomste |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
O500P | Jaarvlak 1 | |||||||
Eerste Semester | ||||||||
BBBG611 | Inleiding tot Begeleiding en Berading | 8 | 8 | Kern | Uitkomste | |||
IDAH611 | Identifisering en Diagnostiese Assessering van Intrinsieke Leerhindernisse | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
IKLO611 | Inklusiewe Onderwys 1 | 8 | 8 | Kern | Uitkomste | |||
ILTW611 | Leerondersteuning 1 | 8 | 8 | Kern | Uitkomste | |||
NAVS611 | Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
OLTP611 | Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
Tweede Semester | ||||||||
FLOE621 | Filosofie van die Opvoeding | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
GLOF621 | Leerondersteuning 2 | 8 | 16 | Kern | IDAH611, IKLO611 | ILTW611 | Uitkomste | |
IKLO621 | Inklusiewe Onderwys 2 | 8 | 8 | Kern | Uitkomste | |||
SKGH621 | Leergereedheid | 8 | 8 | Kern | Uitkomste | |||
Jaarkursus | ||||||||
PNAV631 | Opvoedkundige Navorsing | 8 | 32 | Kern | Uitkomste | |||
O500P | Jaarvlak 1 totale krediete | 128 | ||||||
O500P | O500P totale krediete | 128 |