Waarop fokus die program? Die BEd Honneurs in Kurrikulumstudie fokus op gevorderde kennis en vaardighede in kurrikulumteorie, -ontleding en -ontwerp. Studente ontwikkel die vermoë om relevante en innoverende kurrikula te ontwerp, geloofsperspektiewe sinvol te integreer en e-leer-tegnologieë effektief binne digitale onderwysomgewings toe te pas.
Waarom is dit belangrik vir gekwalifiseer opvoeders? Die program verdiep opvoeders se professionele praktyk deur hulle te leer om 'n kritiese en reflektiewe benadering tot kurrikulumvraagstukke te ontwikkel. Dit hou studente op hoogte van hedendaagse onderwys- en e-leertendense en bemagtig hulle om ingeligte bydraes tot kurrikulumvernuwing en die bevordering van onderwyskwaliteit te lewer.
Wat kan studente met die kwalifikasie doen? Die kwalifikasie berei studente voor vir verdere nagraadse studie op meesters- en doktorale vlak binne die vakgebied van hul keuse. Dit skep ook geleenthede vir kurrikulumleierskap en professionele rolle binne skole, hoër onderwys en breër onderwyskontekste.
Toelatingsvereistes
Let asb. op die volgende belangrike inligting:
Die kurrikulum word deur middel van afstandsonderrig aangebied. Die lesings word weekliks op e-Klas (Aros se amptelike aanlyn leerplatform) beskikbaar gestel.
Addisionele ondersteuning word deur middel van interaktiewe aanlyn sessies gebied. Tydens hierdie sessies kan u vrae aan dosente stel en verdere toeligting ontvang. Die sessies word opgeneem en word later op e-Klas vir besigtiging beskikbaar gestel.
Dosente en assistente is beskikbaar vir konsultasies via e-pos, aanlyn of op kampus.
ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% vir al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.
Ná die voltooiing van hierdie program is dit Aros se verwagting dat ‘n gegradueerde oor die volgende eienskappe en vaardighede sal beskik:
| Kode | Module | NKR | Krediete | Tipe | Voorvereiste 40% | Geslaag | Geregistreer of geslaag | Uitkomste |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| O503P | Jaar 1 | |||||||
| Eerste kwartaal | ||||||||
| KURS611 | Kurrikulumstudie | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| OLTP611 | Onderrig en Leer in Teorie en die Praktyk | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| Tweede kwartaal | ||||||||
| COKU611 | Religie, Kurrikulumteorie en -ontwerp | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| VEKU611 | Kurrikulumstudie: Internasionale Vergelykende Perspektiewe | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| Derde kwartaal | ||||||||
| ASOW621 | Assessering in die Onderwys | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| KOOW621 | Kurrikulumontwikkeling en -ontwerp | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| Vierde kwartaal | ||||||||
| ELEE621 | E-leer | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| FLOE621 | Filosofie van die Opvoeding | 8 | 10 | Kern | Uitkomste | |||
| O503P | Jaar 1 totale krediete | 80 | ||||||
| O503P | Jaar 2 | |||||||
| Eerste kwartaal | ||||||||
| NAVS611 | Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing | 8 | 4 | Kern | Uitkomste | |||
| PNAV631 | Opvoedkundige Navorsing | 8 | 2 | Kern | NAVS611 | Uitkomste | ||
| Tweede kwartaal | ||||||||
| NAVS611 | Inleiding tot Opvoedkundige Navorsing | 8 | 8 | Kern | Uitkomste | |||
| PNAV631 | Opvoedkundige Navorsing | 8 | 4 | Kern | NAVS611 | Uitkomste | ||
| Derde kwartaal | ||||||||
| PNAV631 | Opvoedkundige Navorsing | 8 | 12 | Kern | NAVS611 | Uitkomste | ||
| Vierde kwartaal | ||||||||
| PNAV631 | Opvoedkundige Navorsing | 8 | 12 | Kern | NAVS611 | Uitkomste | ||
| O503P | Jaar 2 totale krediete | 42 | ||||||
| O503P | O503P totale krediete | 122 |