Terug na bo


1. Baccalaureus Artium Honneurs in Christelike Filosofie (SAKO-nr. 124834)

Hierdie program is daarop gemik om studente toe te rus met ‘n goeie begrip van filosofie, met spesifieke fokus op Christelike filosofie. Die program bevorder ‘n kritiese benadering tot sistematiese temas, idees en konsepte binne die Christelike filosofie, terwyl dit ook ander relevante filosofieë ondersoek, veral dié met spesifieke relevansie tot die Suid-Afrikaanse konteks. Daarbenewens word studente begelei om insig te ontwikkel oor die wyse waarop ‘n Christelike denkwyse ‘n betekenisvolle bydrae tot die vorming en beïnvloeding van hedendaagse kultuur kan lewer. ‘n Verdere kernfokus is die ontwikkeling van gevorderde navorsingsvaardighede, sodat studente in staat is om komplekse vraagstukke en onsekerhede vanuit ‘n Christelik-filosofiese perspektief te benader en hul bevindings effektief kan weergee.

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 8
  • Minimum tydperk: 2 jaar

Metode van aanbieding

  • Die modus van aanbieding is afstandsonderrig met addisionele ondersteuning aan studente deur middel van interaktiewe aanlyn sessies of werkswinkels.
  • Toetse en eksamens word deur die loop van die dag vanaf ‘n Maandag tot ‘n Saterdag aanlyn afgelê. Datums en tye word vroegtydig gekommunikeer.

Koste per jaar

  • Aansoekfooi: R250.00
  • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2026)
  • Klasgeld: R46 870.00
  • Handboekkoste (ongeveer): R7 500.00

Beskikbare kurrikulums

O501P

Kwalifikasie met onderskeiding

Programuitkomste

Ná die voltooiing van hierdie program is dit Aros se verwagting dat ‘n gegradueerde oor die volgende eienskappe en vaardighede sal beskik:

  • pas behoorlike leierskap en innoverende praktyke in die konteks van hul roeping en die gemeenskap toe;
  • toon die vereiste kennis ten einde kinders met die toepaslike waardes, vaardighede en kennis toe te rus wat vir hul ontwikkelingsvlak geskik is;
  • toon bevoegdheid in die onderrig van Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-leerders;
  • beeld grondige en gespesialiseerde opvoedkundige en teoretiese vakkennis en vaardighede betroubaar en samehangend uit (aanbied en weergee) deur die gebruik van akademiese en professionele konvensies wat gepas vir die kwalifikasie is;
  • toon die vermoë om kennis doeltreffend in die klaskamer/skool/gemeenskap toe te pas;
  • pas basiese opvoedkundige navorsingsbeginsels toe en beoefen lewenslange leer;
  • toon die vermoë om verskillende inligtingsbronne te evalueer, inligting te kies wat geskik is vir take en goed ontwikkelde analise- en sinteseprosesse toe te pas;
  • toon die vermoë om prestasie aan die hand van bepaalde kriteria te evalueer;
  • toon die vermoë om doeltreffend in ‘n span te werk; en
  • toon kennis van Christelike waardes.

 

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O501P
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O501P Jaar 1
Eerste kwartaal
FILD611 Denkvaardighede 8 18 Elektief Uitkomste
FILS611 Sistematiese Filosofie 8 18 Elektief Uitkomste
Tweede kwartaal
FILC621 Geskiedenis van Christelike Filosofie 8 18 Elektief Uitkomste
Derde kwartaal
FILG621 Geskiedenis van die Filosofie 8 18 Elektief Uitkomste
O501P Jaar 1 totale krediete 72
O501P Jaar 2
Eerste kwartaal
FILO631 Navorsingsprojek 8 7 Elektief Uitkomste
Tweede kwartaal
FILO631 Navorsingsprojek 8 7 Elektief Uitkomste
Derde kwartaal
FILO631 Navorsingsprojek 8 7 Elektief Uitkomste
Vierde kwartaal
FILK611 Rigtinggewende Motiewe 8 18 Elektief Uitkomste
FILO631 Navorsingsprojek 8 9 Elektief Uitkomste
O501P Jaar 2 totale krediete 48
O501P O501P totale krediete 120