Terug na bo


1. Baccalaureus Artium Honneurs in Christelike Filosofie (SAKO-nr. 124834)

In hierdie honneursprogram kan studente hulself verdiep in die dissipline wat histories die moeder van alle dissiplines is (die eerste wetenskaplikes was die antieke Griekse filosowe). Die honneursprogram het dus ten doel om studente te neem van inleidende kennis van die filosofie tot ‘n omvattende, diepgaande en gespesialiseerde kennisbasis vanuit ‘n Christelike perspektief. So ‘n kennisbasis kan ‘n deurslaggewende rol speel in die dieper lae van ‘n wetenskaplike of ander professionele persoon se beoefening van sy/haar dissipline of beroep. Die program bevorder ’n kritiese benadering tot sistematiese temas, terwyl ander toepaslike filosofieë ook ondersoek word. Daarbenewens word studente begelei om insig te ontwikkel oor die wyse waarop ’n Christelike denkwyse ’n betekenisvolle bydrae tot die vorming en beïnvloeding van hedendaagse kultuur kan lewer.

TOELATINGSVEREISTES

Die minimum-toelatingsvereiste is ‘n baccalaureusgraad (NKR-vlak 7) of gevorderde diploma (NKR-vlak 7). In hierdie kwalifikasie moet ‘n grondslag van kennis (minstens 20 krediete) oor die filosofie teenwoordig wees.

Hierdie grondslag behoort modules oor minstens twee van die volgende temas te omvat:

  • wêreldbeskouingsleer
  • die probleem van geloof en rede
  • sistematiese filosofie
  • die geskiedenis van die filosofie
  • die filosofie van ‘n spesifieke dissipline (byvoorbeeld opvoedingsfilosofie)

Voornemende studente wat nie die vereiste aantal krediete in filosofieverwante temas as basis het nie, sal een of twee sertifikate in Christelike wetenskap wat Aros aanbied, moet voltooi ten einde vir toelating te kwalifiseer.

Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 8
  • Minimum tydperk: 2 jaar

Metode van aanbieding

  • Die kurrikulum word deur middel van afstandsonderrig aangebied.  Die lesings word weekliks op e-Klas (Aros se amptelike aanlyn leerplatform) beskikbaar gestel.

  • Addisionele ondersteuning word deur middel van interaktiewe aanlyn sessies gebied. Tydens hierdie sessies kan u vrae aan dosente stel en verdere toeligting ontvang.  Die sessies word opgeneem en word later op e-Klas vir besigtiging beskikbaar gestel. 

  • Dosente en assistente is beskikbaar vir konsultasies via e-pos, aanlyn of op kampus.

  • Toetse en eksamens word aanlyn afgelê (Maandag tot Saterdag: tydens die dag of vroegaand). Datums en tye word vroegtydig gekommunikeer.

Koste per jaar in 2027

  • Aansoekfooi: R250.00
  • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2027)
  • Klasgeld: R49 670.00
  • Handboekkoste (ongeveer): R7 500.00

Beskikbare kurrikulums

O501P

Kwalifikasie met onderskeiding

Programuitkomste

Ná die voltooiing van hierdie program is dit Aros se verwagting dat ‘n gegradueerde oor die volgende eienskappe en vaardighede sal beskik:

  • toon en verwoord ‘n gekonsolideerde en grondige begrip van die geskiedenis en oorhoofse sistematiese temas, idees en konsepte in die filosofie en van Christelik-Reformatoriese  filosofie in die besonder;
  • analiseer, sintetiseer en evalueer kerntemas, -idees en -konsepte op ‘n filosofiese wyse, met fokus op die Christelik-Reformatoriese  perspektief, hoewel ander filosofieë ook bestudeer sal word;
  • toon ‘n hoëgraadse teoretiese betrokkenheid by kern- filosofiese idees wat die hedendaagse filosofie en kultuur beïnvloed en reflekteer oor hoe Christelike denke die diskoers positief kan beïnvloed; en
  • berei studente voor op navorsingsgebaseerde nagraadse studie deur die ondersoek van ongewone probleme, kompleksiteite en onsekerhede aan te moedig en dra nuutverworwe kennis oor.

Kurrikulums

Kurrikulummodulelys

O501P
Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
O501P Jaar 1
Eerste kwartaal
FILD611 Denkvaardighede 8 18 Elektief Uitkomste
FILS611 Sistematiese Filosofie 8 18 Elektief Uitkomste
Tweede kwartaal
FILC621 Geskiedenis van Christelike Filosofie 8 18 Elektief Uitkomste
Derde kwartaal
FILG621 Geskiedenis van die Filosofie 8 18 Elektief Uitkomste
O501P Jaar 1 totale krediete 72
O501P Jaar 2
Eerste kwartaal
FILO631 Navorsingsprojek 8 7 Elektief Uitkomste
Tweede kwartaal
FILO631 Navorsingsprojek 8 7 Elektief Uitkomste
Derde kwartaal
FILO631 Navorsingsprojek 8 7 Elektief Uitkomste
Vierde kwartaal
FILK611 Rigtinggewende Motiewe 8 18 Elektief Uitkomste
FILO631 Navorsingsprojek 8 9 Elektief Uitkomste
O501P Jaar 2 totale krediete 48
O501P O501P totale krediete 120