Baccalaureus Educationis in Intermediêre Fase-onderrig (SAKO-nr. 97189)

Hierdie fase strek van graad 4 tot 7.  In hierdie fase word 'n werkswyse gevolg wat meer tegnies georiënteerd is.  Verder is die wyse waarop akademiese vaardighede bevorder word ook meer gespesialiseerd.  Die kennis waaraan leerders blootgestel word, word duidelik in hierdie fase omskryf.  Leerdissiplines in hierdie fase sluit Tale, Wiskunde, Natuurwetenskappe en Sosiale Wetenskappe in.  Die onderwyser moet akademiese vaardighede se basiese beginsels in hierdie fase ontwikkel.  Daarom is die vakkennis van opvoedkundiges in die Intermediêre Fase meer uitgebreid.  Die behoefte aan onderwysers in hierdie fase is geweldig groot.

Koste per jaar vir beide spesialiseringsrigtings 

  • Aansoekfooi:  R250.
  • Registrasie:  R3 500 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2023).
  • Klasgeld:  ongeveer R50 990 (eerste deposito ingesluit).
  • Handboeke:  ongeveer R7 000.

1. Kwalifikasie-inligting

Minimumvoorvereiste: Nasionale Senior Sertifikaat met diplomatoelating
NKR-vlak: 7
Minimum tydperk: 4 jaar
Toelatingspunt: 600 Aros-toelatingspunt
Toelating waglys: 570

2. Vereistes

Senior Sertifikaat (SS)

Voor 2008 gematrikuleer

  • Universiteitstoelating
  • Indien student nie universiteitstoelating ontvang het nie, is 'n taal op HG 'n vereiste en nie minder as vier E’s op HG of SG (nie LG nie) nie. Aros doen aansoek vir die student by USAf vir voorwaardelike toelating tot graadstudie.

Studente wat die Wiskunde en Natuurwetenskappe-kurrikulums (O210P en O212P) wil volg moet vir Wiskunde SG 'n E-simbool behaal het.


3. Onderwyspraktyk

Onderwyspraktyk

Onderwyspraktyk is die praktiese gedeelte van die kwalifikasie waar studente gedurende ‘n vasgestelde periode prakties in skole in die Republiek van Suid-Afrika verrig. Die student word deur Aros-personeel by die skool gemonitor en geassesseer soos wat die infrastruktuur van die betrokke Departement dit toelaat. Aros het 'n lys van goedgekeurde skole wat aan die vereistes vir praktiese onderwys, volgens die riglyne van die regulatoriese liggame, voldoen. Studente mag skole voorstel wat nie op die lys is nie. Aros sal dan bepaal of die skole aan die riglyne van die regulatoriese liggame voldoen. Studente word in samewerking met Aros vir die praktiese onderwysperiode by 'n skool geplaas..

Die volgende sertifikate is ‘n vereiste vir die suksesvolle verwerwing van die volgende praktiese modules: PRAK232, PRAK332 en PRAK432. Studente sal bewys moet lewer dat hierdie sertifikate behaal is alvorens die module geslaag kan word.

PRAK122

Geen

PRAK232

ʼn Afrigtingsertifikaat (van ‘n amptelike liggaam op provinsiale vlak) in ‘n skoolsport

PRAK332

ʼn Keuse tussen EEN van die volgende:      

  • ʼn tweede afrigtingsertifikaat (van ‘n amptelike liggaam op provinsiale vlak) in ‘n skoolsport;
  • ʼn kulturele aktiwiteit (koor- of sangafrigting, drama of ander relevante opleiding in die aanbieding van kulturele skoolaktiwiteite); en
  • ‘n erkende hulpverleningskursus soos Mind Moves Institute se leeropkikker-werkswinkels.

PRAK432

Noodhulpsertifikaat (vlak 1)


4. Kwalifikasie met onderskeiding

ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules van akademiese jaar 2, 3 en 4 behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.

ʼn Student wat vanaf ‘n ander tersiêre instelling na Aros oorgeskakel het, moet ten minste 50% van hierdie program geslaag het, insluitende RELS111, BYBK121, BYBK211, BYBK221, BYBK311, BYBK321 en BYBK411 of WBSL111, OTOB121, OTOB211, NTOB221 en NTOB311. Ten einde ’n onderskeiding (cum laude) te behaal, moes die student ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules van jaarvlak 2, 3 en 4 behaal het.


5. Vereistes vir Engels as taal van onderrig en leer

O210P en O211P   [(ENGT311 {modulepunt} + ENGT321 {modulepunt} +  ENGT411 {modulepunt} ) / 3 + ENGT421 {mondelingpunt} ]  / 2 ≥ 70%

 O212P en O213P    [(ENGT311 {modulepunt} + ENGT321 {modulepunt} + ENGT412 {modulepunt} ) / 3 + ENGT422 {mondelingpunt} ]  / 2 ≥ 70%


6. Metode van aanbieding

Die modus van aanbieding is afstandonderrig met addisionele ondersteuning aan studente deur middel van direkte kontaksessies en/of interaktiewe aanlyn sessies, werkswinkels of ekstra klasse.

7. Bepalings met betrekking tot voorwaardelike toelating

Kandidate wat in besit is van 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en nie oor universiteitstoelating beskik nie, word outomaties vir twee bykomende modules geregistreer wat dien as brugmodules. Die brugmodules is KRIT (Kritiese Denke en Probleemoplossing) en LEER (Leer- en Lewensstrategieë) en word in die eerste semester van die eerste jaar saam met die BEd-kurrikulum gevolg.  

  • Indien 'n student wat die brugmodules neem, een of beide van hierdie modules nie in die eerste semester van die eerste jaar slaag nie, is daar 'n finale geleentheid daartoe gedurende die eerste semester van die tweede jaar. Sou 'n student enige van die brugmodules daarna steeds nie slaag nie, sal die student se studies getermineer word aangesien dit die voorwaarde vir toelating was.
  • Aros doen by Universities SA (USAf) aansoek vir voorwaardelike toelating vir studente wat nie oor universiteitstoelating beskik nie. Hierdie aansoek word in April ingedien nadat die student vir die eerste jaar geregistreer is.

  • Sodra studente die volle eerste studiejaar suksesvol voltooi het, insluitend die twee brugmodules, word daar by USAf aansoek gedoen vir universiteitstoelating.

  • Studente is verantwoordelik vir die aansoekkostes by USAf wat teen die student se rekening gehef sal word. Hierdie kostes is 'n eenmalige koste tensy die vereistes nie binne die gestelde spertydperk nagekom is nie.
  • Neem kennis dat USAf nie dokumente (identiteitsdokumente en matrieksertifikate) aanvaar wat deur die SAPD of die Poskantoor gesertifiseer is nie. 'n Privaat Kommissaris van Ede se sertifisering is wel geldig, soos 'n prokureur.  Neem kennis dat sertifisering gratis is.  Indien Aros dus nie nou korrekte gesertifiseerde dokumente vir USAf-doeleindes ontvang het nie, sal Akademiese Administrasie u volgende jaar kontak wanneer daar by USAf aansoek gedoen moet word.

'n Student se studie kan na vier formele waarskuwings getermineer word indien die student 36 en meer krediete per semester nie slaag nie.

8. Kurrikulums

O213P Lewensvaardighede en Sosiale Wetenskappe

Spesifieke voorvereistes

Afrikaans Huistaal 50%
Engels Eerste Addisionele Taal 50%

O212P Wiskunde en Natuurwetenskappe

Spesifieke voorvereistes

Afrikaans Huistaal 50%
Engels Eerste Addisionele Taal 50%
Wiskunde 50%
Bereken toelatingspunt

Toelatingspunt van Aros