Aros maak gebruik van ’n onderrigmodel met weeklikse verpligte kontaksessies, asook deurlopende e-leerondersteuning. Die kontaksessies vind op Vrydae of Saterdae plaas by Aros se kampus in Waverley, Pretoria. Deur die week vind skakeling deur middel van e-Klas (elektroniese ondersteuning op die internet) plaas. Studente kan self 'n keuse maak tussen hierdie twee dae tydens aansoek vir toelating.
Vir administratiewe doeleindes word alle klasse volgens die student se voorkeur ingedeel. Aros bied verskeie beurse aan Aros-studente wat aan die vereistes voldoen:
Studente kan vir beurse by ander instellings ook aansoek doen, byvoorbeeld:
Aansoeke en navrae in verband met hierdie beurse moet aan die instellings self gerig word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is reeds in Augustus en Oktober.
Indien studente van klasdae wil skuif, kan 'n skriftelike versoek by Akademiese Administrasie daarvoor ingedien word. Indien plek beskikbaar is, word die versoek goedgekeur en sal Akademiese Administrasie die student dienooreenkomstig per e-pos inlig.
Die afgelope jare het getoon dat die tipe model wat Aros volg aan studente die nodige ondersteuning bied om gedurende hulle studie tot selfstandige studente te ontwikkel wat effektief in die onderwysomgewing kan funksioneer.
'n Verdere groot voordeel wat die onderrigmodel van Aros inhou, is dat studente die geleentheid het om deur die week as 'n assistentonderwyser te kan werk - dit skep wonderlike praktykgerigte leergeleenthede.