Terug na bo


Studentelewe

Binne ‘n model van aanlyn onderrig bied Aros ’n unieke studentelewe.  Hier is studente se stem, studentegemeenskap sowel as die vorming en ondersteuning van studente vir ons belangrik.  Ons glo dat elke student ‘n roeping het.  Mag jy aan die einde van jou reis sê:  “Dit is ‘n fees om ‘n Arrie te wees.”   Kontak Studentesake: maretha.lubbe@aros.ac.za

 


Studenteraad


Studenteraad

Studenteraad & Huiskomitee

Die Studenteraad dien as skakel tussen die studente en die bestuur van Aros.  Verder is die Studenteraad (SR) in samewerking met die Huiskomitee (HK) verantwoordelik vir die skep van ‘n dinamiese studentekultuur en -lewe op kampus.            

Die SR en HK het ten doel om studentelewe te vestig en te onderhou.  Verder is dit die SR en HK se verantwoordelikheid om die Aros-student se belange op kampus te bevorder.

Studenteraad 26/27: 

- Shani Rademeyer Voorsitter

- Sherisa van der Walt Ondervoorsitter

- Antoney Coetzee SR-akademie en kultuur

- Hendrik Alberts SR-sport

- Leanca  Mynhardt SR-gemeenskapsdiens

 

Huiskomitee: 26 /27

- Desireé du Plooy HK-sport

- Duncan Noack HK-gemeenskapsdiens

- Leané Engels HK-sosiaal

- Marizaan Lerm HK-akademie en kultuur

- Micaela van Wyk HK-bemarking

- Michandri Joubert HK-sosiaal

- Minette Jooste HK-akademie en kultuur

- Simoné van Staden HK-gemeenskapsdiens

 

Studentelewe sluit onder andere in: 

  •  Aanlyn mentorskapsessies
  • Arrie-talentfees (kultuur)
  • Die Bordkryt (studentekoerant) 
  • Dinee
  • Eerstejaarskamp
  • Gemeenskapsprojek
  • Hokkie 
  • Netbal

                                                   


Studentesake

Aros se Studentesake-departement het ten doel om studente met hul ontwikkelingsproses te help.  Dit sluit die ontwikkeling van studente op ‘n geestelike, emosionele, akademiese en sosiale vlak in.   

Berader:

Die pastorale berader ondersteun studente geestelik en emosioneel  om studente sodoende vir die uitdagings van studentelewe toe te rus.  

Studente-ondersteuningskoördineerder: 

Die studenteondersteuningskoördineerder is betrokke by die ondersteuning, begeleiding  en ontwikkeling van studente op akademiese, emosionele en geestelike vlak.  Studente word nie net toegerus vir die klaskamer nie, maar ook vir die wêreld buite die klaskamer. Die studente-ondersteuningskoördineerder bied elke semester studiewerkwinkels aan wat fokus op die verbetering en ontwikkeling van studente. Temas sluit onder andere stres– en angshantering, eksamenvoorbereiding en nog vele meer in. Hindernisakkommodering vir studente word ook deur die studenteondersteuningskoördineerder hanteer.

Studentesake-afdelingshoof:

Die afdelingshoof is betrokke by die beplanning en bestuur van die departement in samewerking met die res van die span. Die afdelingshoof is dan ook die kontakpersoon wat alle kommunikasie met die Studenteraad en die Huiskomiteelede hanteer. Hulle skep saam 'n lekker en positiewe kampuslewe by Aros.

Dienste wat Studentesake lewer

  • studentelewe
  • akademiese steun
  • berading
  • portuurgroepondersteuning (klasverteenwoordigers)
  • werkwinkels