Hierdie is nie 'n volwaardige onderwyskwalifikasie vir Grondslagfase-onderrig nie. Die kwalifikasie is spesifiek daarop gerig om persone wat nie aan die vereistes vir graadstudie voldoen nie 'n toegangsroete tot BEd in Grondslagfase-onderrig te bied. Studente wat vir hierdie kwalifikasie wil inskryf, moet reeds 'n praktiserende graad R-assistent/onderwyser wees.
As deel van Grondslagfase-onderwys in Suid-Afrika is die Diploma in Graad R-onderrig spesifiek daarop gerig om onderwysers op te lei wat op die onderrig van graad R-leerders fokus . Praktykgebaseerde opleiding vorm die grondslag van hierdie kwalifikasie en dra daartoe by dat die student tot 'n professionele, kundige en roepingsgedrewe graad R-opvoeder ontwikkel.
Ná afloop van die suksesvolle voltooiing van die kwalifikasie sal studente die nodige leierskap aan die dag kan lê om innoverend te werk te gaan om leerders binne die spesifieke konteks van graad R te onderrig. Die opvoeder leer hoe om graad R-leerders toe te rus met die nodige waardes, vaardighede en kennis wat as noodsaaklike boustene vir formele onderrig binne die graad dien.
Die modus van aanbieding is afstandsonderrig, met addisionele ondersteuning aan studente deur middel van interaktiewe aanlyn sessies, werkswinkels of ekstra klasse.
Onderwyspraktyk is die praktiese gedeelte van die kwalifikasie waar studente gedurende ‘n vasgestelde periode prakties in skole binne die Republiek van Suid-Afrika verrig. Die student word deur Aros-personeel by die skool gemonitor en geassesseer, soos wat die infrastruktuur van die betrokke departement dit toelaat. Aros het 'n lys van goedgekeurde skole wat aan die vereistes vir praktiese onderwys, volgens die riglyne van die regulatoriese liggame, voldoen. Studente mag skole voorstel wat nie op die lys is nie. Aros sal dan bepaal of die skole aan die riglyne van die regulatoriese liggame voldoen. Studente word in samewerking met Aros vir die praktieseonderwys-periode by 'n skool geplaas.
Die volgende sertifikate is ‘n vereiste vir die suksesvolle verwerwing van die volgende praktiese modules: OPRA121, OPRA231 en OPRA331. Studente sal bewys moet lewer van hierdie sertifikate wat behaal is alvorens die module geslaag kan word.
OPRA121
Geen
OPRA231
Kultuursertifikaat
OPRA232
Kultuursertifikaat
OPRA331
Noodhulpsertifikaat (vlak 1)
OPRA332
Noodhulpsertifikaat (vlak 1)
ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die modules van die kurrikulum behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.
ʼn Student wat vanaf ‘n ander tersiêre instelling na Aros oorgeskakel het, moet ten minste 50% van hierdie kurrikulum geslaag het, insluitende RELS111, BYBK121, BYBK211, BYBK221 en BYBK311 of WBSL111, OTOB121, OTOB211, NTOB221 en NTOB311. Om die kwalifikasie met onderskeiding (cum laude) te verwerf, moes die student ‘n gemiddeld van 75% oor al die modules behaal het.
O150P: 70% of meer vir [ENAT311 + ENGA321] / 2
O151P: 70% of meer vir [ENAT211 + ENGA321] / 2
Kode | Module | NKR | Krediete | Tipe | Voorvereiste 40% | Geslaag | Geregistreer of geslaag | Uitkomste |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
O151P | Jaar 1 | |||||||
Eerste kwartaal | ||||||||
INRV113 | Inleiding tot Rekenaarvaardighede | 5 | 3 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
ONET111 | Onderrig van Afrikaans Eerste Taal | 5 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
WBSL112 | Wêreldbeskouingsleer | 5 | 6 | Kern | Uitkomste | |||
Tweede kwartaal | ||||||||
AFRI121 | Afrikaans | 5 | 12 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
AFRL112 | Afrikaans Lees | 5 | 1 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
DIDA113 | Didaktiek | 5 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
INRV113 | Inleiding tot Rekenaarvaardighede | 5 | 3 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
ONWR121 | Onderrig van Graad R-Wiskunde | 5 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
Derde kwartaal | ||||||||
AFRL112 | Afrikaans Lees | 5 | 1 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
LEER114 | Logika, Kritiese en Analitiese Denke | 5 | 12 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
LVLV121 | Lewensvaardighede: Beweging en Uitvoerende Kunste | 5 | 6 | Elektief | Uitkomste | |||
OPRA121 | Onderwyspraktyk 1 vir Graad R | 5 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
Vierde kwartaal | ||||||||
OPVS123 | Opvoedkundige Sielkunde 1 | 6 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
ORIE111 | Oriëntering tot Graad R-onderrig | 5 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
OTOB122 | Onderrig in Bybelkunde: Ou Testament | 6 | 6 | Kern | Uitkomste | |||
OWIS121 | Inleidende Wiskunde | 5 | 12 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
O151P | Jaar 1 totale krediete | 134 | ||||||
O151P | Jaar 2 | |||||||
Eerste kwartaal | ||||||||
GROM211 | Gesondheid en Veiligheid in Graad R | 5 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
LVKU211 | Lewensvaardighede: Kuns | 6 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
TEOR211 | Inleidende Teoretiese Raamwerk vir Graad R | 5 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
Tweede kwartaal | ||||||||
OPRA232 | Onderwyspraktyk 2 vir Graad R | 6 | 12 | Elektief | OPRA121 | ORIE111, LVKU211, ONET111, ONWR121, LVLV121 | Uitkomste | |
OTOB212 | Onderrig in Bybelkunde: Ou Testament | 6 | 6 | Kern | Uitkomste | |||
PERS221 | Perseptuele Vaardighede | 6 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
Derde kwartaal | ||||||||
LITT221 | Kinderliteratuur vir Graad R | 5 | 6 | Elektief | Uitkomste | |||
NTOB222 | Onderrig in Bybelkunde: Nuwe Testament | 6 | 6 | Kern | Uitkomste | |||
OPRA232 | Onderwyspraktyk 2 vir Graad R | 6 | 12 | Elektief | OPRA121 | ORIE111, LVKU211, ONET111, ONWR121, LVLV121 | Uitkomste | |
SEPE223 | Sepedi-kommunikasievlak | 5 | 3 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
Vierde kwartaal | ||||||||
ENAT211 | Engels Addisionele Taalonderrig in Graad R | 6 | 6 | Elektief | Uitkomste | |||
ONET221 | Onderrig van Afrikaans Eerste Taal 2 | 5 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
SEPE223 | Sepedi-kommunikasievlak | 5 | 3 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
O151P | Jaar 2 totale krediete | 114 | ||||||
O151P | Jaar 3 | |||||||
Eerste kwartaal | ||||||||
LVLV311 | Lewensvaardighede: Natuurwetenskappe, Sosiale Wetenskappe en Tegnologie | 6 | 6 | Elektief | Uitkomste | |||
OPRA332 | Onderwyspraktyk 3 vir Graad R | 6 | 12 | Elektief | OPRA231 | ONET221, LVLV311, ONWR311 | Uitkomste | |
OPVS311 | Opvoedkundige Sielkunde 2 | 6 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
SBES321 | Skoolbestuur | 6 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
Tweede kwartaal | ||||||||
NTOB312 | Onderrig in Bybelkunde: Nuwe Testament | 6 | 6 | Kern | Uitkomste | |||
ONWR311 | Onderrig van Wiskunde in Graad R 2 | 6 | 12 | Elektief | Uitkomste | |||
OPRA332 | Onderwyspraktyk 3 vir Graad R | 6 | 12 | Elektief | OPRA231 | ONET221, LVLV311, ONWR311 | Uitkomste | |
Derde kwartaal | ||||||||
ASSR311 | Assessering in Graad R | 6 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
LVPS321 | Lewensvaardighede: Persoonlike en Sosiale Welsyn | 6 | 6 | Elektief | Uitkomste | |||
OPRA332 | Onderwyspraktyk 3 vir Graad R | 6 | 12 | Elektief | OPRA231 | ONET221, LVLV311, ONWR311 | Uitkomste | |
Vierde kwartaal | ||||||||
ENGA321 | Engels Addisionele Taal | 6 | 12 | Fundamenteel | Uitkomste | |||
KIND311 | Vroeë Kinderontwikkeling | 6 | 6 | Elektief | Uitkomste | |||
LOND321 | Leerondersteuning | 6 | 12 | Kern | Uitkomste | |||
O151P | Jaar 3 totale krediete | 132 | ||||||
O151P | O151P totale krediete | 380 |