Terug na bo

Nagraadse Onderwyssertifikaat in Senior Fase en Verdere Onderwys en Opleiding (SAKO-nr. 110100)

Verbruikerstudies

Beskik jy oor 'n graad en wil jy graag jou roeping as onderwyser uitleef?  NGOS is 'n nagraadse onderwyssertifikaat wat jou voorberei om vakkennis in jou vakgebied aan hoërskoolleerlinge oor te dra.  Aros bied drie NGOS-spesialiseringsrigtings aan, naamlik Tale, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, asook Natuurwetenskappe.  As jy 'n passie vir die onderwys het, is hierdie rigting net vir jou!

Voornemende studente moet in besit wees van ʼn NKR-vlak 6-diploma van 360 krediete of ’n NKR-vlak 7-baccalaureusgraad van 360 krediete, met die volgende vakkombinasies vir die aanbieding van twee onderrigmetodologieë, naamlik een Senior Fase-vak en een Verdere Onderwys en Opleidingsvak.

'n Spesialisering in die Senior Fase (toepaslike vakke op tweedejaarsvlak) en 'n Verdere Onderwys en Opleidingspesialisering (’n toepaslike hoofvak wat ten minste op tweedejaarsvlak op ’n NKR-vlak 7 voltooi is) word vereis. 

Indien tale as hoofvakke in die VOO gekies word, is die voorvereiste dat dit tot op derdejaarsvlak (NKR-vlak 7) geslaag is.


1. Kwalifikasie-inligting

  • Minimumvoorvereiste: Baccalaureusgraad
  • NKR-vlak: 7
  • Minimum tydperk: 1 jaar

  • 2. Metode van aanbieding

    Hierdie kurrikulum word deur middel van ’n afstandsonderrigmodel aangebied, met 'n hoë vlak van aanlyn ondersteuning. Ondersteuning vind deurlopend deur middel van e-Klas (aanlyn) plaas.


    3. Koste per jaar

    • Aansoekfooi: R250.00
    • Registrasie: R3 500.00 (eerste deposito betaalbaar in Januarie 2024)
    • Klasgeld: R48 340.00
    • Handboekkoste (ongeveer): R7 000.00

     


    4. Beskikbare kurrikulums

    O362P Verbruikerswetenskappe VOO - Verbruikerstudies, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe

    Spesifieke voorvereistes

    VOO:  Verbruikerswetenskappe-graad of Huishoudkundegraad of Voeding en Gesinsekologie-graad

    SF:     Rekeningkunde 2 of Ekonomie 2 of Besigheidsadministrasie 2 of ‘n bestuursmodule op tweedejaarsvlak


    5. Vereistes vir studente met 'n Senior Sertifikaat (voor 2008)

    Soos hier bo.


    6. Onderwyspraktyk

    Daar word van studente verwag om vir bepaalde tye praktiese ondervinding by skole op te doen.  Die praktiese tydperke sal bepaal word deur die student se keuse om die NGOS voltyds of deeltyds te voltooi.  Om aan die vereistes te voldoen, moet die student altesaam agt weke van praktiese onderwys voltooi.  Daar word aanbeveel dat ten minste vier van die agt weke se praktiese onderwys aaneenlopend voltooi word, met ‘n minimumvereiste van twee weke aaneenlopend. Dit is belangrik dat studente daarop let dat die agt weke prakties by ‘n hoërskool voltooi moet word. 


    7. Kwalifikasie met onderskeiding

    ʼn Student wat ‘n gemiddeld van 75% oor al die kern- en elektiewe modules behaal het, behaal die kwalifikasie met onderskeiding.


    8. Vereistes vir Engels as taal van onderrig en leer

    N.V.T.


    9. Bepalings met betrekking tot voorwaardelike toelating

    'n Student se studie kan na vier formele waarskuwings getermineer word indien die student 36 en meer krediete per semester nie slaag nie.


    10. Kurrikulums


    Kurrikulums

    O362P Verbruikerswetenskappe VOO - Verbruikerstudies, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe
    Module Kr Module Kr
    Semester 1 Semester 2
    Jaar 1 Jaar 1
    Kern
    ASSE511 6 EDTS521 8
    BYBK511 8 FILO521 8
    OPVS511 10 LOND521 10
    PRAK531 12 PRAK531 12
    PREL511 8
    TECE511 10
    Elektief
    EBWS511 12 EBWS521 12
    VERB511 12 VERB521 12
    Totaal
    78 62
    Kurrikulumtotaal
    140

    Kwalifikasiemodulelys

    O362P Verbruikerswetenskappe VOO - Verbruikerstudies, SF - Ekonomiese Bestuurswetenskappe
    Kode Module NKR Krediete Tipe Voorvereiste 40% Geslaag Geregistreer of geslaag Uitkomste
    O362P Jaarvlak 1
    Eerste Semester
    ASSE511 Assessering in die Opvoedkunde 7 6 Kern Uitkomste
    BYBK511 Bybelkunde 7 8 Kern Uitkomste
    EBWS511 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5A 7 12 Elektief Uitkomste
    OPVS511 Opvoedkundige Sielkunde 7 10 Kern Uitkomste
    PREL511 Professionele Etiek, Onderwysreg, Onderwysbestuur en Onderwysstelsels 7 8 Kern Uitkomste
    TECE511 Tegnologie in die Onderwys 7 10 Kern Uitkomste
    VERB511 Onderrig van Verbruikerstudies vir die Senior Fase 5A 7 12 Elektief Uitkomste
    Tweede Semester
    EBWS521 Onderrig van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir die Senior Fase 5B 7 12 Elektief Uitkomste
    EDTS521 Professionele Studies en Kurrikulumstudies 7 8 Kern Uitkomste
    FILO521 Filosofie van die Opvoedkunde 7 8 Kern Uitkomste
    LOND521 Leerondersteuning 7 10 Kern OPVS511 PRAK531 Uitkomste
    VERB521 Onderrig van Verbruikerstudies vir die Senior Fase 5B 7 12 Elektief Uitkomste
    Jaarkursus
    PRAK531 Onderwyspraktyk 7 24 Kern Uitkomste
    O362P Jaarvlak 1 totale krediete 140
    O362P O362P totale krediete 140